Hande op 'n oop Bybel
AGS GROBLERSDAL

GEBEDSVERSOEKE

GEBED
"As een lid ly, ly al die lede saam…" — 1 Korintiërs 12:26

In die liggaam van Christus glo ons dat ons aan mekaar verbind is. Daarom wil ons as Hartklopfamilie saam met jou staan in tye van nood en saam met jou feesvier in tye van vreugde.

By Hartklop AGS Groblersdal glo ons aan die krag van gebed en die troos daarvan om saam in geloof te staan. Ondersteuning en opregte omgee is die hartklop van ons kerkgemeenskap. Of jy nou deur 'n moeilike tyd gaan, 'n spesifieke behoefte het, of 'n lofgetuienis van 'n seëning wil deel – ons is hier om saam met jou voor die Here te buig.

Deel asseblief jou versoek in die vorm hieronder. Jy het die keuse om jou versoek heeltemal anoniem in te dien, of om jou naam en kontakbesonderhede by te voeg sodat ons gebedspan persoonlik vir jou kan intree.

Wees verseker dat alle versoeke met die nodige sorg en vertroulikheid hanteer word en slegs met ons bedieningspan gedeel word om in gebed gehou te word.

Mag ons jou kontak?
0/2000 karakters